DIENSTYE
ONS DIENSTE
Ons aanbidding is ‘n kombinasie van bekende Afrikaanse en nuwe liedjies, en ons Woordbediening is prakties en relevant.
Ons bied geleentheid vir persoonlike gebedsbediening (vir genesing en enige ander behoeftes), sowel as profetiese bediening en algemene berading.
’N FAMILIE WAAR ELKEEN BEHOORT
Ons is ‘n familiekerk waar elkeen (oud, jonk, enkellopend, getroud of geskei) sal tuis voel!
ONS MANDAAT
Lewende Woord se Mandaat is: Kan ‘n nasie na die Here terugkeer? Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid.
Ons sê ‘JA’! Wat is jou antwoord?
ONS VISIE
Die vestiging van ‘n liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryksgemeenskap
By LW Hazeldean fokus ons spesifiek op Liefde, die Woord en Familie.
ONS MISSIE
Om passievole daders van die Woord van God te wees
Kalender
“Loer gerus hier vir ons spesiale geleenthede, funksies en kursusse!
KRUIS-KIDZ / KINDERKERK
Sondae 09:00 – 10:25 (tydens die hoofdiens)
Jou kinders in vir ons belangrik! Ons fokus daarop om ‘n liefdevolle, veilige omgewing vir ons kinders te skep waar ons die Here lekker kan loof en aanbid en Sy hart deur die Woord kan leer ken.
OUDERDOMSGROEPE
BASIC BLOCKS
Ons bied ‘n Moederskamer, oulike speelarea vir onder-3-jariges in die voorportaal, en oorfone vir ouers om die diens te volg.
MINI BLOCKS
Spesiale klassie vir 3-6-jariges met prettige, ouderdomsgepaste liedjies, lessies, aktiwiteite en kunshandwerk
MEGA BLOCKS
Klas vir 7-13-jariges, met liedjies, uitgewerkte lesse, praktiese aktiwiteite en kunshandwerk
MEER INLIGTING:
Wilmi van Heerden: 084 606 8770 / kruiskidzhaz@lewendewoord.co.za
PLANTASIE (TIENERKERK)
Ons het ‘n passie vir ons tieners en ons gebed is dat die Here se plan met elke tiener se lewe in vervulling sal kom!
Ons fokus hofsaaklik op 3 areas:
GLOW:
Ons reik uit na ons tieners d.m.v. opwindende jeugdienste met persoonlike bediening en beplan awesome goed vir die toekoms! Ons het ook een maal per maand ‘n spesiale familiediens.
GROW:
Kursusse vir groei en ontdekking
GO:
Raak betrokke binne en buite die gemeente volgens jou unieke gawes!
MEER INLIGTING:
Rimmon: 082 759 7366 / plantasiehaz@lewendewoord.co.za